Ekspressionisme

Hierdie artikel bevat 'n kort oorsigtelike bespreking van Ekspressionisme in die kunste oor die algemeen, maar brei dan veral meer uit oor ekpressionisme in die dramatiese kunste.
Egon Schiele, 'n selfportret.

Ekspressionisme (vanaf Latyn: expressio, uitdrukking) is 'n stroming in die Europese kuns en die literatuur van die 20ste eeu, wat veral manifesteer in die jare 1905 tot 1940. In die ekspressionisme probeer die kunstenaar sy gevoelens en ervarings uit te druk deur 'n sekere vervorming van die werklikheid. Ekpressionisme wil die subjektiewe realiteit van die innerlike mens ontdek. Die drome, nagmerries, stryd en innerlike belewenisse van die mens word daardeur uitgedruk. Die ekpressionisme van die teater was dus die begin van dramatiese uitings wat baie in vandag se film en teater genres herleef.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search